Behandeling van spat are

Gemiddeld een derde van alle mans en vrou tussen die ouderdom van 18 – 64 jaar sukkel met spatare.

Terwyl die hart ‘n sterk pomp is wat bloed deur slagare (arteries) deur die hele liggaam pomp, moet die bloed van die bene af teen swaartekrag werk om terug deur die are (venes) na die hart te vloei. Omdat dit teen swaartekrag moet vloei, is daar kleppe in die are om te keer dat die bloed weer terugval na jou voete. Partykeer werk hierdie kleppe nie reg nie en laat bloed toe om in die teenoorgestelde rigting te vloei. Dit veroorsaak dat die bloed opdam en die are uitswel en spatare vorm.

Spatare is oorerflik, dus is jou kanse groter om dit self te ontwikkel indien een of beide jou ouers spatare gehad het. Ander bydraende faktore is lang ure se staan en swangerskap.

Alle aartjies op die bene is egter nie spatare nie en kan as volg geklassifiseer word:

  • Spatare – dik en “tou-agtig” en staan uit op die bene. Vorm as gevolg van eenrigtingkleppe in die are wat nie behoorlik funksioneer nie.
  • Spinnekop aartjies – klein, dun bloedvate wat onder die vel gesien kan word. Gewoonlik meer kosmeties en kan ‘n simptoom van swak sirkulasie wees.

Behandeling:

 Daar is verskeie opsies beskikbaar vir die behandeling van spatare:

KOMPRESSIE KOUSE: Verlig pynlike simptome van spatare en swelling. Die verligting is slegs gedurende die tyd wat die kompressie kouse gedra word en nie langtermyn nie.

SKLEROTERAPIE: Die spataar word ingespuit met ‘n chemiese stof (vloeistof of skuim) wat veroorsaak dat die aar beskadig word en dus toegaan. Onmiddelike resultate sigbaar en baie effektief op veral spinnekop aartjies en kleiner spatare. Prosedure word in die dokter se spreekkamer gedoen sonder enige verdowing. Geen hersteltydperk na die behandeling nie, maar vermy strawwe oefening vir 1 week na die prosedure en probeer om elke dag ‘n entjie te loop. Jou dokter mag vereis dat jy kompressie kouse dra vir ‘n tydjie na die behandeling.

RADIOFREKWENSIE: Minimaal indringende behandeling deur middel van radiofrekwensie energy wat hitte vorm en sodoende veroorsaak dat die aar toegaan. n Dun kateter word in die aar geplaas om die Radiofrekwensie energie toe te dien. Prosedure word gedoen onder lokale verdowing of ligte sedasie. Hestel na die prosedure is vinnig en jy behoort huis toe te kan gaan na die prosedure. Kompressie kouse word vir ten minste 1 week na die prosedure gedra. Effektief of groter spatare.

LASERBEHANDELING: Laser maak gebruik van ‘n gefokuste lig wat die hemoglobien in die are teiken en die hitte wat in die aar gegenereer word veroorsaak skade wat dan die aar toemaak.

Eksterne laserbehandeling word aan die buitekant van die vel gedoen en is baie effektief op fyn aartjies onder die vel se oppervlak. Meer as een behandeling word gewoontlik benodig vir beste resultate. Eksterne laserbehandeling word sonder enige verdowing gedoen en geen hersteltyd word benodig.

Meer prominente spatare word deur endoferiese lasers behandel. Die laser word deur in dun kateter in die aar geplaas en word onder lokale verdowing of ligte sedasie gedoen.  Jou dokter mag vereis dat jy kompressie kouse dra vir ‘n week na die behandeling.

CHIRURGIE: Die fisiese verwydering of afbinding van die aar / beskadigde deel van die aar deur chirurgie wat onder algemene narkose of lokale verdowing gedoen word. Chirurgie word slegs aanbeveel in gevalle van groter spatare. Kort hersteltyd word benodig. Kanse dat are weer vorm minimaal

Die grootte van die spataar sal die tipe behandeling wat aanbeveel word beinvloed.

Omdat spatare geneties kan wees en ‘n teken is van ‘n verswakte sirkulêre sisteem, mag daar gevalle wees waar spatare na ‘n tydperk weer terugkom en opvolg behandeling.