About

The Isa Carstens Academy is one of the most reputable learning institutions for students who wish to follow a career path in the health and wellness industry. Established in 1978, we have a proud history of providing quality education and services to students from all over South Africa and further afield.

Our reputation for excellence is built on our adherence to international quality standards and the value of trusted relationships. The Academy was also the first CIDESCO – accredited institution in South Africa based on the quality of our programmes.

Today, alumni of the Isa Carstens Academy can be found all over the world – as owners, managers and/or therapists in wellness centres, cosmetic houses and on luxury ocean liners. They also work in the field of medical aesthetics or as lecturers.

Read More
 

News

Sarie tydskrif besoek Isa Wellness Sanctuary Pretoria

Lees meer oor Monica Pienaar van die Sarie tydskrif se besoek aan die Isa Wellness Sanctuary, Pretoria Sarie skoonheid, vel analise   ” order_by=”imagedate” order_direction=”ASC” returns=”included” maximum_entity_count=”500″]    

Read More
 

Alumni

Our many successful alumni have made significant contributions to the health and wellness industry and we would like to keep in touch with you. Do let us know how you’re doing and what you’re up to.

Our alumni programme will help you to maintain contact with the Academy and each other and can support you by providing access to services and activities which meet your needs and interests. This includes personal and professional networking opportunities, new career opportunities and professional development.

Read More

Diploma InSomatology

Our internationally-recognised health and skin care qualification that enables you to work in a variety of health and wellness environments ranging from spas to cruise liners.

read more
 

Advanced DiplomaIn Dermal Aesthetics

This distance-learning programme affords qualified Somatologists and other related professionals the opportunity to advance their studies in the wellness sciences, permitting specialisation in the field of Medical Aesthetics.

read more
 

Course InSpa Reception

Gain a thorough understanding of front desk communication and administration in a salon and spa environment, while being equipped with selected practical skills.

Read more
 

Events

Stay up-to-date with the latest Isa Carstens Academy events – right here.

 

Facebook Feed

2 days ago

Isa Carstens Academy

What an incredible day spend with remarkable woman at the announcement of the SARIE Tydskrif #sarievoorbladgesig winner of 2018, Emari Gieselbach of Centurion.

Montblanc kykNET DStv INOAR Kalahari Lifestyle
...

View on Facebook

2 days ago

Isa Carstens Academy

Hier’s die 10de SARIE Voorbladgesig

Emari Gieselbach, ’n 35-jarige kunsonderwyseres van Centurion, is vandag in Pretoria as die 10de SARIE Voorbladgesig aangewys. Sy verskyn op die voorblad van SARIE se gesogte Oktober-uitgawe – nie een keer nie, maar vier keer!

Michélle van Breda, redakteur van SARIE, het met die aankondiging van die wenner bekend gemaak dat vier voorblaaie van Emari tegelyk vanaf 24 September op die die rak sal verskyn – ’n eerste vir SARIE. Lesers kan eenvoudig hul gunsteling, of meer, koop.

“Soveel mooi gesigsuitdrukkings, soveel mooie voorblaaie. Emari se vier voorblaaie verskil effens van mekaar, maar saam wys dit haar veelsydigheid, haar speelsheid en gemak voor die kamera. Sy het werklik die SARIE-fotosessie haar eie gemaak. Jy kon haar net nie miskyk nie!”

Die 25-jarige Kaapse sekretaresse en een van ’n tweeling, Charicke Carolus, is die wenner van die kategorie 18-30. Emari het die 31+-kategorie gewen.

Die glans-lentegeleentheid is by The Greenhouse Café op die plaas Rosemary Hill buite Pretoria gehou. Dit is bygewoon deur 200 gaste, onder wie Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, wat op SARIE se September-voorblad verskyn, en talle sepie-, televisie-, rolprent- en musieksterre. Verlede jaar se twee SARIE Voorbladgesig-wenners (hulle het die titel gedeel), die patisseriesjef van Ceres, Yolani Abrahams, en Nadia de Wet, boervrou van Standerton, het ook die oggend bygewoon. Elana Afrika-Bredenkamp, TV-persoonlikheid en Jacaranda-radio-omroeper, was die seremoniemeester.

Die geleentheid is vir televisie verfilm en sal deel uitmaak van die slotepisode van die program SARIE Voorbladgesig wat op Dinsdag 25 September om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Kykers sal dan kan sien hoe Emari haar Oktober-voorblad losslaan. TV-aanbieder Robbie Kruse en ’n span van die kykNET-leefstylprogram Bravo! het ook dele van die oggend opgeneem vir latere uitsending.

Emari is uit duisende inskrywings van oor die land gekies ná ’n intense voorbladfotosessie deur die bekende Johannesburgse fotograaf Leana Clunies-Ross. Oor die 2018-wenner het Michélle gesê: “Emari is ’n interessante mengsel van klassiek en modern: ’n bietjie Marilyn Monroe en Audrey Hepburn saam met ’n tikkie Michelle Williams, die Hollywood-ster bekend vir haar kort, blonde hare en funky voorkoms. Maar op die ou end is sy Emari – sterk, snaaks, sensueel, energiek, ’n SARIE-leser – perfek vir die Oktober-voorblad!”

Louise Williams, hoofbestuurder van Bacher and Co., die verspreider van Montblanc, die hoofborg van die 2018 SARIE Voorbladgesig, het ná die tyd gesê: “SARIE is ’n inspirerende tydskrif vir inspirerende vroue. Vir ons is dit ewe inspirerend om te sien hoe vroue van reg oor die land – van klein dorpies tot groot stede – inskryf vir hierdie wedstryd. ‘Gewone’ vroue, lesers van die tydskrif. Dit vat guts, en ons salueer hulle. Ons ondersteun hulle 100%!”

Dit is die agtste jaar dat SARIE die wedstryd, uniek in die land, aanbied. (In 2016 en in 2017 is die titel gedeel, vandaar die 10 wenners tot nou.) Dit is ook die tweede jaar dat kykNET kykers saamneem op die Top-10 se voorbladreis.

Emari gee kuns by die Sutherland High School in Eldoraigne, Centurion, en is die ma van twee dogters. Haar 11de huweliksherdenking is om die draai en sy en haar man, Marinus, beplan om nog dié maand by die Graceland Wedding Chapel in Las Vegas hul huweliksbeloftes te hernu.

Charicke is een van ’n tweeling en glo elke vrou is ’n voorblad werd. Sy het aan die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein gematrikuleer en is tans ’n sekretaresse by ’n Kaapse regsfirma. Haar droom is om die wêreld vol te reis en om ’n sukses van ’n modelloopbaan te maak.

* SARIE Voorbladgesig 2018 is geborg deur Montblanc Lady Emblem-parfuum (hoofborg), die haarsorgreeks INOAR, die skoonheidsakademie Isa Carstens, die velsorgreeks Kalahari, kykNET, Instax-kitskameras en Rosefield-horlosies. Die twee kategoriewenners stap elkeen weg met ’n kontantprys van R10 000. Maar die gróót prys, SARIE se Oktober-voorblad, is vanjaar Emari s’n!

#sarievoorbladgesig
...

View on Facebook

Dinsdagaand kuier SARIE Tydskrif se #Voorbladgesig finaliste by Isa Carstens Akademie se Pretoria Kampus. Moet nie hierdie episode misloop nie! Dinsdagaand om 17:30 net op kykNET (DSTV 144). ...

View on Facebook